15 Mei 2025
PALESTINA - Ons veldspan rapporteer dat daar ʼn lang pad vir Christene in Gasa voorlê om hul lewens en eiendom te herstel ná die geweld wat hulle ervaar het. Bid dat hulle van die trauma en oorlogswonde sal genees.

IRAK - Bid vir Irakse gelowiges wat die eerste en enigste Christene in hul families is. Bid vir innerlike krag terwyl hulle ondersoeke en vyandigheid in die gesig staar, en vir sensitiwiteit vir Geesgeleide geleenthede om ander van Jesus te…
IRAK - Bekeerde Moslems is Irak se kwesbaarste Christelike gemeenskap, wat vatbaar is vir familieverwerping, werksdiskriminasie en selfs fisiese geweld. Bid vir geleenthede vir hierdie volgelinge om samesyn met ander Christene te hê.
IRAK - Bid vir ons plaaslike vennoot wat projekvoorstelle bestudeer vir mikroleningsprojekte vir Irakse Christene wat finansieel sukkel. Vra God vir wysheid en onderskeidingsvermoë vir die vennote wat hierdie lenings oorweeg en toestaan.
MIANMAR - Bid vir God se voorsiening en genade teenoor pastoor Myint en sy vrou. Hulle gesondheid is swak. Bid vir hulle genesing en ook vir hulle kinders, wat saam met hul ouers vervolging en pyn ervaar.