23 Augustus 2025
NICARAGUA - Bid dat die Here die plaaslike Kerk sal help om sterk en beskermd te bly. Vra God om kwesbare gesinne en gemeenskappe te beskerm in die aangesig van toenemende onderdrukking.
NICARAGUA - Bid dat die Here die plaaslike Kerk sal help om sterk en beskermd te bly. Vra God om kwesbare gesinne en gemeenskappe te beskerm in die aangesig van toenemende onderdrukking.
NICARAGUA - Bid asseblief vir jou broers en susters in Nicaragua, waar 50 000 mans en vroue gevra is om by die land se veiligheidsmagte aan te sluit.
FILIPPYNE - Ehsan weier weens sy liefde vir Jesus om inskiklik te wees. Bid vir Christene wat Jesus vanuit Islam begin volg het. Vra Hom om hulle te beskerm en te bemoedig wanneer hulle vir Hom opstaan.
FILIPPYNE - Bid dat God die harte van Ehsan se onderwysers en klasmaats sal versag en aan hom geleenthede sal gee om die liefde van Christus met hulle te deel.
FILIPPYNE - Vra God om Ehsan se geloof te versterk om standvastig in Christus te staan. Hy voel alleen in sy geloof, met min ondersteuning buiten sy biddende ouers. Bid dat God tasbare voorbeelde van Sy iefde en sorg sal…