13 Augustus 2025
NIGERIË - Bid saam met pastoor Elam, een van talle kerkleiers in Nigerië se Tarabastaat, wat deelneem aan leierskapsopleiding wat deur Geopende Deure se plaaslike vennote gelei word. Dankie dat julle hierdie opleiding moontlik maak.

NIGERIË - Bid vir krag saam met Grace wat aanskou het hoe haar man, Joshua, wreed vermoor is omdat hy ʼn pastoor was.
NEPAL - Bid dat Tara God se teenwoordigheid intiem sal ervaar in hierdie tyd van eensaamheid en bemoediging sal vind om geestelik te groei.
NEPAL - Ramesh het Tara verbied om kerk toe te gaan en met ander Christene te assosieer. Bid vir bemoediging en vertroosting in Tara se emosionele en geestelike nood.
NEPAL - Ramesh het probeer om Tara se Bybel te verbrand en het dit nou vir haar weggesteek. Hy het gedreig om haar uit die huis te gooi. Bid dat God vir Tara krag sal gee.