27 Oktober 2025
IRAN - Bid saam met Hakob Gochumiyan, ʼn Armeense Christen wat ʼn vonnis van tien jaar in Iran uitdien. Hakob ervaar ernstige mishandeling, insluitende doodsdreigemente. Vra God om in te gryp.
IRAN - Bid saam met Hakob Gochumiyan, ʼn Armeense Christen wat ʼn vonnis van tien jaar in Iran uitdien. Hakob ervaar ernstige mishandeling, insluitende doodsdreigemente. Vra God om in te gryp.
BANGLADESJ - Bid dat God Nahid se droom sal verwesenlik om ʼn biblioteek by sy kerk te stig, waarheen baie mense kan kom om God te leer ken en die Bybel te bestudeer.
BANGLADESJ - Ná die dissipelskapprogram kan Nahid reageer op die toenemende ondersoeke en vrae van familielede en vriende. Bid vir moed om die Here getrou en sonder vrees te bly dien.
Bid vandag saam met jou broer, Nahid Babu. Hy is deel van die eerste groepe studente wat gegradueer het van ʼn jeugdissipelskapprogram wat deur Geopende Deure se plaaslike vennote gelei is.
Die polisie het ander leiersfigure en personeel van ʼn huiskerk in Wes-China vir ondervraging ontbied. Die kerk het ʼn goeie reputasie regoor China. Bid dat God hierdie kettings sal losmaak.