19 Junie 2025
IRAN - Dank God dat jou Iranse suster, Ghazal Marzban (41), wonderbaarlik vrygelaat is nadat sy slegs een derde van haar vonnis van ses maande in die Evin-gevangenis (bekend as “Iran se martelfabriek”) uitgedien het.

VIËTNAM - Prys God vir ons plaaslike vennote wat ʼn pad saam met Cuong en sy gesin stap. Ons vennoot vra: “Hou asseblief aan om vir ons en die vervolgde Kerk te bid.”
VIËTNAM - “Ek het Christus aangeneem nadat ek my seun se getuienis oor God se liefde en vergifnis gehoor het,” sê Cuong. Bid vir ander in Viëtnam, veral diegene rondom hom, om die Evangelie te hoor.
VIËTNAM - Ons veldspanne berig dat kerklede Cuong sedert die aanval ondersteun het en kos en ander noodsaaklikhede aan hom en sy gesin voorsien het. Bid vir seën oor hierdie kerk.
VIËTNAM - Bid vandag saam met Cuong*, ʼn 49-jarige pa, vir genesing. Hy herstel tans nadat hy erg deur die owerhede aangerand is omdat hy die Evangelie gedeel het.